Hierdie voete is lam gestaan agter ons JQ stalletjie toonbank....Ons glimlagspiere is pap. Ons gesels is uit en ons lekker-lag is gedaan. Maar van een feit kan ons nie kla nie, ons JQ wyn is 'n kolskoot treffer in die Wyntenk op die ABSA KKNK feesterein in hart van die Klein Karoo. Dankie Julle , Baie Dankie vir julle ondersteuning en vir julle pret. Ons waardeer dat julle ons wyne geniet het. Ons het hierdie wyne ontwerp vir julle om te geniet, om sonder komplikasie en ingewikkelheid te leer wyn drink..... dit smaak lekker en proe nie soos asyn of houttakke nie.
News


